Ek is geensins kundig met die konfigurasie-somme nie en benodig kundige opinie. Ek het al van die vorige besprekings gelees, maar die terminologie en afkortings laat my kop draai!
Ek het tans 'n 7.2kw Inverter, met 2x 5.1 kwh SHoto batterye, en 12x330w panele op die huis se staandak. Ek sal graag die panele wil opgradeer om optimale kraglewering te verseker. Kan iemand asb vir my uitwerk hoeveel van die nuwe 500w(?) panele ek kan opsit - en hoe moet dit gekoppel word, bv 2 stelle van 6 panele elk ( 6 in serie, 2 stelle in parallel)?
Ek sal enige hulp waardeer.