September 10, 20241 yr Ek is geensins kundig met die konfigurasie-somme nie en benodig kundige opinie. Ek het al van die vorige besprekings gelees, maar die terminologie en afkortings laat my kop draai! Ek het tans 'n 7.2kw Inverter, met 2x 5.1 kwh SHoto batterye, en 12x330w panele op die huis se staandak. Ek sal graag die panele wil opgradeer om optimale kraglewering te verseker. Kan iemand asb vir my uitwerk hoeveel van die nuwe 500w(?) panele ek kan opsit - en hoe moet dit gekoppel word, bv 2 stelle van 6 panele elk ( 6 in serie, 2 stelle in parallel)? Ek sal enige hulp waardeer. Edited September 10, 20241 yr by FerdieB
September 11, 20241 yr 6 hours ago, FerdieB said: Ek is geensins kundig met die konfigurasie-somme nie en benodig kundige opinie. Ek het al van die vorige besprekings gelees, maar die terminologie en afkortings laat my kop draai! Ek het tans 'n 7.2kw Inverter, met 2x 5.1 kwh SHoto batterye, en 12x330w panele op die huis se staandak. Ek sal graag die panele wil opgradeer om optimale kraglewering te verseker. Kan iemand asb vir my uitwerk hoeveel van die nuwe 500w(?) panele ek kan opsit - en hoe moet dit gekoppel word, bv 2 stelle van 6 panele elk ( 6 in serie, 2 stelle in parallel)? Ek sal enige hulp waardeer. Jy sal meer inligting moet verskaf in terme van die presiese vervaardiger en model-nommers van jou inverter en panele. Sommer die batterye s'n ook. Dit help als om die spesifikasies van die komponente met mekaar in lyn te kry.
September 11, 20241 yr Welkom by die forum Ferdie. Voordat enige persoon kan advies aanbied moet jy sê presies watse panele en inverter jy het. Probeer n foto van die labels neem en hier plaas, alternatiewelik die volle besonderhede. @GreenFields Timing! 🤣 Edited September 11, 20241 yr by Virwat
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.